Middag julkinen
[search 0]
Lisää
Download the App!
show episodes
 
Loading …
show series
 
Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno 'n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.…
  continue reading
 
Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om 'n woord vir hom in te sit.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Barend wil aksiefoto’s van Manie en sy manne by die brandweerstasie neem, maar Manie praat net oor sy ma en Wilma se liefde vir mekaar. Dominee Malan is bekommerd oor Wilma wat hom by die kerkraad gaan verkla het. Jolene en Lionel gaan hou vakansie by Warmwaterberg in die Karoo.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ronel is steeds bekommerd oor Jolene wat nie reageer op haar oproepe of boodskappe nie, en oorweeg dit om deur te ry Hawston toe. Ester vertel vir Barend dat sy haar mond verby gepraat het oor haar liefde vir Wilma. Dominee Malan glo hy het die stem van bó met Ryno se seismometer opgetel.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ronel bel vir Lolly Cupido in Hawston, en verneem dat Jolene ook nie by hom opgedaag het nie. Ester vra dominee om vrede te maak met Ronel, want sy is Kaapstad toe om hom by die kerk aan te kla. Lionel vertel vir Manie hy vertrek die volgende oggend Hawston toe om Jolene te gaan soek.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma wil by Barend weet of hy uitgevind het hoe jy 'n klag teen dominee by die kerkraad kan indien. Ronel vra of Manie al iets van Jolene gehoor het, want sy reageer nie op haar selfoonoproepe of boodskappe nie. Barend hoor of Ryno nie met die TV-span oor dominee Malan sal gesels nie.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma en Ester bespiegel oor hoe om dominee Malan en sy reaksie op haar protes, te hanteer. Ryno besoek dominee om te bepaal of daar enige spirituele seine opgetel is deur die seismometer. Lionel konfronteer Ester oor Jolene wat gesê het sy is Grabouw toe, maar eintlik haar pa in Hawston soek.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.…
  continue reading
 
Dominee Malan probeer om kaptein Jansen te oortuig om die anti-skudding-protes, wat Wilma beplan, te keer deur hulle van die straat te verban, maar hy het reeds toestemming gegee. Wilma vra vir Manie of sy brandweerwa die protesoptog Saterdag sal begelei, en hy stem in om ook deel te wees.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Dominee vra Ester om vir hom gordyne vir sy slaapkamer te maak, sodat hy die stem in die nag kan vasvang op die seismometer. Jolene besluit sy gaan haar pa in Hawston soek nadat sy by Manie hoor Sammy het nooit by Lolly opgedaag nie. Ester probeer Jolene laat afsien om Hawston toe te gaan.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma vra vir Ronel om die optog teen die aardbewing-mania te kom ondersteun. Jolene is ook besorg omdat Sammy nie in Hawston opgedaag het nie, en vra vir Ronel om haar te help bepaal of hy wel op die bus geklim het. Hendrik probeer Wilma ompraat om nie die optog in die dorp te hou nie.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Dominee Malan lig die gemeentelede in dat hy weer 'n visie gehad het oor die komende aardbewing. Ryno, Jolene, Ronel en selfs Lionel woon die kerkdiens by. Ryno erken hy is net daar om Ronel weer te sien. Jolene en Lionel probeer mekaar ná die diens by die koek en tee vermy.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Dominee Malan rapporteer aan Ester ná sy besoek aan Wilma en Barend in Kaapstad. Lionel laat Sammy oplaai, en bring hom polisiestasie toe vir ondervraging oor die brand wat gestig is in die ou gebou in die dorp. Manie waarsku Sammy dat hy dink Lionel wil hom ontvoer of iets aandoen.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Sammy en Jolene vind dit vreemd as Ester bel en hom vir koffie nooi. Manie vertel sy ma dat dit hy is wat die aanbod op Sammy se huis gemaak het, maar Sammy weet dit nie. Ronel besoek Jolene, en vind haar in 'n baie depressiewe toestand. Sy probeer haar oortuig om bietjie weg te kom.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Lionel stel homself voor aan Ryno, en vra hom om nie die dorp verder op te werk met dominee se aardbewing-stories nie. Ryno neem Ronel die berge in na 'n swempoel waar hy vir haar wys hoe sy mobiele seismometer werk. Lionel vra Ester om weer vir Sammy te ontmoet by die slawehuis.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Sammy besoek Manie, en vertel hom hy het die huis vir ’n eiendomsagent gewys en dadelik 'n aanbod gekry. Manie sal moet trek. Jolene vra Ryno om verskoning dat sy haar wangedra het by die rampvergadering. Dominee Malan kom verneem of Ryno al weer enige aardtrillings opgetel het.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Lionel konfronteer Sammy op straat, en waarsku hom dat die polisie hom sal dophou om elke hoek en draai. Dominee Malan besoek die galery, en vertel vir Ryno van die stem wat snags met hom in sy slaap praat. Sammy en Ester ontmoet mekaar in die parkie by die ou slawehuis, en hy vra haar vergifnis.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Jolene raak emosioneel wanneer sy haar pa Sammy by die Warmbokkeveld-tronk gaan oplaai en huis toe neem. Ryno Fouche, die seismoloog, daag by die gastehuis op, en word deur Ester verwelkom. Ronel ondersteun Jolene met haar pa op die tuisfront, en neem vir haar beskuit wat Ester gebak het.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ester sleep Manie en Lionel uit Kallie se kroeg, en maak vir hulle 'n steak. Lionel bieg teenoor Ester dat hy daaraan dink om Sammy te ontvoer wanneer hy voet sit in hulle dorp. Ronel kla by dominee Malan oor tannie Wilma wat haar restaurant as 'n bedreiging vir Wilma se besighede sien.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Manie beland by Jolene ná sy kuier by Kallie se kroeg, en sy vra hom weer of Sammy by Manie kan kom woon. Ester vra vir dominee Malan of hy klere en goed vir Wilma en Barend Kaapstad toe sal neem. Lionel dreig om van Jolene te skei indien Sammy by haar kom woon wanneer hy uit die tronk kom.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Barend en Wilma word op Blouberg se strand beroof, en bevind hulleself sonder geld of motor. Jolene vra vir Manie of sy pa Sammy by hom kan oorbly, aangesien die huis nog in Sammy se naam is. Barend en Wilma probeer haar bakkie opspoor, en besef hulle sal langer in Kaapstad moet aanbly.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Barend en Wilma vertrek Kaapstad toe om inkopies te doen. Wilma is ongelukkig dat hulle vir almal goed moet saambring. Lionel en Manie vind mekaar wanneer Lionel uitvind dat Manie weier dat Sammy by hom kom woon. Barend en Wilma besoek Bloubergstrand vir 'n sonsak, en word onverwags beroof.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Jolene vra dominee Malan of dit 'n sonde sal wees as 'n vrou 'n ander man as spermskenker gebruik. Wilma besluit om by dominee Malan meer uit te vind oor die aardbewing, en of dit dalk wel toerisme kan help. Lionel daag op, en trap dominee Malan uit oor sy raad aan Jolene oor spermskenkers.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Ester is besorg oor Jolene en Lionel wat hulle onttrek van die gemeenskap, omdat Sammy moontlik terugkom dorp toe. Wilma wil Kaapstad toe gaan om inkopies te doen, en vra vir Barend om haar te vergesel op die avontuur. Ronel verneem haar pa Albert gaan verloof raak aan sy meisie, Marita.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Wilma vra vir Lionel om haar petisie te onderteken, maar hy wil nie betrokke raak nie. Ronel kla by Ester oor Wilma se gedrag. Sy glo Wilma is eintlik die een wat die dorp se toerisme skade aandoen. Manie praat sy mond verby, en breek die nuus aan Lionel dat Sammy Fortuin uit die tronk kom.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Barend besoek dominee Malan om te probeer bepaal in watter emosionele toestand hy is oor sy vrou wat weggeloop het saam met 'n skatryk boer van Oppie Berg. Jolene vertel vir Ronel dat Lionel nie goed reageer op die voorstel dat hulle skenker-inseminasie gebruik om ‘n baba te hê nie. Ester is geskok wanneer sy by Jolene verneem haar eks-man Sammy ga…
  continue reading
 
Wilma probeer haar niggie Ronel kry om die petisie teen dominee Malan se aardbewing-bewerings te teken. Ronel is egter opgewonde oor die aardbewing. Jolene Jansen gesels met haar man, Lionel, oor verwagtend raak, en vertel hom daar is ‘n manier wat hulle hulle droom kan waar maak.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Dominee Malan skok die gemeente wanneer hy tydens die Sondagoggend-diens aankondig daar wag ‘n aardbewing erger as die een in 1969 op hulle. Wilma, die eienaar van ‘n gastehuis op die dorp, besluit om ‘n petisie op te stel om dominee te verhoed om die die dorp se toerisme skade aan te doen.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Die grusame ongeluk by die vierrigtinstopstraat laat Chanel weer haar ma se dood beleef. Sy sit en tob, tot iets haar byval, iets wat haar hulp gaan laat soek. By wie? Seebult weet nie regtig wat om van Gertrude se verdwyning te maak nie. ‘n Gebeurtenis ontstel Neville hewig.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Die skeepstrommel het Seebult aan die gons. Johnny Morkel is geskok, en hy skryf ‘n artikel wat Seebult ruk. Die vraag word gevra of dit feite of persoonlike aannames is? Celeste het nuus oor die maatskappy wat in haar naam opgerig is. Louis waag dit weer naby Gertrude, met slegte gevolge.Kirjoittanut RSG
  continue reading
 
Loading …

Pikakäyttöopas