Die Trefkrag van Vrede
Manage episode 449911623 series 3072738
Titus 2:11,12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.
Is dit nie interessant hoe jou gesindheid en verhouding teenoor iemand verander wanneer hulle vriendelik teenoor jou optree of selfs net ‘n klein onselfsugtige dingetjie vir jou doen nie?
Ja, dit is wonderlik hoe 'n klein bietjie goedheid wat uit liefde kom, ‘n enorme verskil aan iemand kan maak - veral, wanneer die persoon wat dit ontvang baie duidelik weet dat hy dit nie verdien nie.
Ons het 'n naam vir hierdie onverdiende guns. Dit word genade genoem.
En daar is geen groter liefdesdaad van iemand wat ooit bestaan het, as van Jesus nie. Hy, die Seun van God, het onverdiend 'n wrede dood aan die kruis gesterf, om te betaal vir ons sonde, vir joune en vir myne. En hierby het ons uit genade die gratis geskenk van die ewige lewe gekry deur in Hom te glo.
En as ons hierdie liefdesdaad sien, behoort ons gesindheid te verander; die wyse waarop ons Hom sien en hoe ons op Hom reageer.
Titus 2:11,12 Die liefdevolle goedheid van God wat verlossing bring, het inderdaad vir almal sigbaar geword. Dit voed ons op om die goddelose leefstyl en die wêreldse begeertes af te lê en gebalanseerd, volgens die wil van God en toegewyd aan Hom, in die huidige tyd te leef.
Ek vra jou opreg om jou hart oop te maak om die genade van God, jou eie te maak. Gryp dít dat Jesus gestuur is om vir jou te sterf, aan, sodat jou sondes vergewe kan word, en dat sy opstanding vir jou 'n nuwe lewe kan bring wat vir ewig sal aanhou.
Laat toe dat hierdie onverdiende goedheid jou verander. Verander die manier waarop jy van hierdie oomblik af lewe, want God se genade het gekom ... vir jou.
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
1392 jaksoa